100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Big Joe aangekla van moord

Written by on July 23, 2020

Die vermeende renosterstroper, Joseph Nyalungu, is Woensdag van moord aangekla.
Nyalungu is beter bekend as Big Joe, wat beskou word as een van die baasbreine agter ‘n stropingsindikaat.
Volgens die woordvoerder van die Valke, kapt. Dineo Sekgotodi, begin sy verhoor daarvoor saam met ses ander, Maandag in die Mpumalanga hooggeregshof in Mbombela.
Nyalungu (56) en Elvis Mulimi (50) is egter Dinsdag vir moord en ontvoering in hegtenis geneem.
Hulle het Woensdag in die Witrivier-hof verskyn.

Die slagoffer, Willy Shipalane (36), se liggaam is in Februarie 2010 in Inyaka-dam gevind.
Volgens Sekgotodi was Shipalane en Nyalungu bure. Shipalane het glo vir Eskom gewerk en transformators gesteel wat hulle saam landuit gesmokkel het.
Hy is na bewering vermoor na ‘n dispuut hieroor. Nyalungu was destyds ‘n polisieman wat by die grens gestasioneer was.
Beide Nyalungu en Mulimi is destyds deur die polisie ondervra. Die saak is in April vanjaar na die opsporingspan oorgedra.
Verdere ondersoek het tot Nyalungu en Mulimi se herarrestasie gelei in ‘n gesamentlike operasie tussen die Valke, taktiese reaksie-eenheid, die spesiale taakmag, Mpumalanga se opsporingspan, misdaadintelligensie, die plaaslike kriminele rekordsentrum en speurders.
Die saak is tot Dinsdag uitgestel vir hul borgaansoeke.
Nyalungu staan ook tereg op klagtes van stroping, diefstal en die besit van gesteelde goedere saam met ses ander mense.
Onder hulle is Petros Mabuza, wat saam met Nyalungu as die hoofbrein van die stropingsindikaat beskou word, asook verskeie voormalige polisiebeamptes.
Die sewe is aanvanklik in September 2018 gearresteer.

 


×