Beurtwater keer terug na Barberton

Written by on August 25, 2020

Want create site? Find Free WordPress Themes and plugins.

Inwoners van Barberton is geen vreemdelinge vir beurtwater nie.
Voortslepende droogte bedreig reeds jare die dorp se watervoorsiening.
Die rantsoenering van water is verlede jaar ingestel maar tydens inperking opgehef.
Dit is weer sedert die begin van hierdie maand ingestel.
Die water word daagliks tussen 08:00 en 14:00 in verskillende strate afgesit, sodat elke straat weekliks ‘n beurt kry. Die skedule is Dinsdag bekendgemaak.
Volgens Mbombela-raadslid in Barberton, Philip Minnaar word die hele dorp hierdeur geraak.
Hy voeg by dat die watertekort voortslepend is. Toe beurtwater afgeskaf is, was die dam wat aan die dorp water verskaf sowat 25% vol.
“Dit is moeilik om vir mense te sê hulle moet hulle hande gereeld was as jy hul water afsit,” voeg hy by. Die damvlak is tans net sowat 21,5%.

Hy voeg by dat mense prakties ‘n bietjie langer as die gestipuleerde ses ure sonder water bly, omdat dit nie soos elektrisiteit dadelik weer daar is nie, maar eers ‘n entjie moet loop om ‘n kraan te bereik.
“Ons kan darem nou weer ons lewens beplan volgens die skedule,” voeg hy by.

Die schedule is soos volg
Maandag: Burgerville en Cathyville
Dinsdag: Soetdoring-, Paul Davies-, Norman Nader-, Henry Nettman- en Greestonestraat asook Verulam.
Woensdag: Deel van De Villiers- en Crownstraat, die trunk, Lomas-, Rimer- en Burgerstraat.
Donderdag: Bland-, Boom-, Open-, Gospel- en Dwarsstraat asook ‘n deel van Sheba- en Steinstraat.

Did you find apk for android? You can find new Free Android Games and apps.

Current track

Title

Artist

Background
×