100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Barberton se water steeds ‘n probleem, ondanks goeie reën

Written by on March 31, 2021

Die stormreëns vroeër die jaar het uiteindelik Barberton se jarelange waterkrisis opgelos, maar hul eie uitdagings gebring.
DA-raadslid Philip Minnaar sê die Lomati-dam is nou sowat 83% vol – op van net 14% in Januarie net voor tropiese storm Eloise die Laeveld getref het.
Dit het so erg geword, dat beurtwater in Augustus ingestel is. Teen Desember was die water so min dat daar nie by dié skedule gehou kon word nie, en het inwoners soms vir dae en nagte aaneen nie water in hul krane gehad nie.
Tog kan hulle steeds nie water uit die Queen’s-rivier onttrek nie want dit bly te modderig. Die gevolg is dat daar steeds nie in alle verbruikers se behoeftes voorsien kan word nie.

“Mense moet dit meer spaarsamig gebruik, want soos dit inkom loop dit uit, so die reservoirs word nie vol nie – met die uiteinde dat inwoners soms nie water het nie,” veruidelik hy.
“Dit is een van die nagevolge van reën. As dit nie reën nie het jy nie water nie, en nou het ons goeie stormreën gekry, na die lang jare wat ons nie baie reën gehad het nie. So baie modder het in die rivier ingeloop, en dit veroorsaak weer sy eie unieke probleme.”
Omdat Barberton en Umjindini se water uit beide dié bronne kom, kan genoeg water tans nie gesuiwer word om die hele dorp te voorsien nie – al werk die dam se suiweringsaanleg teen vol kapasiteit.
“Ons vra dat die mense water spaarsamig gebruik,” sluit Minnaar af.

Die damvlakke vandag (teenoor verlede jaar dieselfde tyd):
Kwena 98,7% (54,3%), Primkop 102,2% (70,9%), Longmere 101,8% (63,1%), Klipkopjes 101,4% (18,7%), Vygeboom 101% (100%), Driekoppies 100,9% (70,6%), Witklip 100,5% (79,5%), Da Gama 100,3% (56,7%), Nooitgedacht 100% (94,8%) en Inyaka 87% (56,4%).


×