100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Barberton-rugbyklub liga-kampioene

Written by on August 7, 2023

Barberton-rugbyklub het Saterdag geskiedenis gemaak deur as die kampioene van die provinsiale liga gekroon te word.

Dit is die eerste keer dat hulle die premierliga-titel in Mpumalanga kon wen.

Barberton is reeds die Ehlanzeni-wenners vir die seisoen en kon die 2022-ligawenners Sasol Secunda met 19-18 troef in ‘n naalbyt-eindstryd by Coronation Park in Barberton.

Hulle het in die doodsnikke van die wedstryd ‘n skepskop oorgesit om die wenpunte aan te teken.

Afrigter Walter Schröder wat sy eerste seisoen by Barberton geniet, was vol lof vir die span en bestuur.

“Ons het die seisoen begin met die geloof dat ons so vêr kan gaan,” sê hy. “Ons het by ons strukture gehou en nooit ons oë van ons doelwit afgehaal nie.

“Ek is net baie trots om deel te kan wees van hierdie wonderlike groep ouens en die dorp. Die ondersteuning wat ons ontvang het van borge en die hele dorp was wonderlik.”

Die eerstespanne van Barberton en Secunda het verlede naweek oorwinnings behaal om hul plekke in die Mpumalanga klubrugby-eindstryd te bespreek.

Barberton, die Ehlanzeni-kampioene, het tuis teen Witbank met 40-33 gewen.

Secunda, die huidige Mpumalanga-kampioene, het ‘n sege van 46-17 oor Witrivier behaal.

Sien ook: Barberton-rugbyklub weer Ehlanzeni-kampioene

Die eerstespan van Barberton-rugbyklub het op 15 Julie met 19-12 met Witrivier afgereken om as die Ehlanzeni-kampioene gekroon te word.


×