100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Baba MJ Erasmus se lewe gevier

Written by on September 3, 2021

Baba MJ was agt maande oud toe hy in Mei vanjaar oorlede is. Om sy lewe te vier het sy ouers op 2 September, wat sy eerste verjaarsdag sou wees, die kinders van Katoen met ‘n kinderpartytjie bederf.

Hy het die Laeveld se harte aangegryp sedert sy geboorte. Hy is gediagnoseer met ‘n uiters seldsame genetiese toestand. Agenesie van die corpus callossum en kraniosinostose het verhoed dat sy brein na behore ontwikkel. Hy is net die 16de kind op aarde wat daarmee gediagnoseer is.
Sy ma Adri en pa Marius het besluit om hul seuntjie se lewe te vereer deur iets terug te gee aan die gemeenskap. Dit was ‘n emosionele dag. Hulle vertel meer.

Marius sê MJ het tot die heel laaste aanhou veg, al het hy nooit enige kans gehad nie, en hy sal nie vergeet word nie. Hy het sy gesin se reuke en stemme geken en hulle herken, maar kon nooit sien nie. “Ek hoop hy kan my nou sien,” sê Adri.


×