100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Arrie en Rénaldia Henn groet die Nellies na meer as twee dekades

Written by on July 28, 2021

Na 35 jaar in die onderwys roep Arrie en Rénaldia Henn die beroep – en die Laeveld – vaarwel toe. Arrie is reeds 22 jaar die hoof van Laerskool Nelspruit. Rénaldia het in 2000 die Nellie Miere-kleuterskool begin.
Hulle het besluit om af te tree toe Arrie vanjaar 60 jaar oud geword het. Hulle neem ‘n sabbatsjaar en beplan om die land plat te reis, al op die agterpaadjies. Hul laaste dag by die skool is Vrydag.

Rénaldia sê dit is soos om met twee harte te leef: die een is hartseer om totsiens te sê en die ander een is opgewonde oor wat voorlê.
Beide sê dit was ‘n ongelooflike voorreg om ‘n impak te kon hê op soveel kinders.
Die skool het ook baie groei beleef sedert die Henn’e daar aangesluit het. Die laerskool het destyds 745 leerlinge gehad en 28 personeellede. Daar is nou 1 500 kinders en 116 personeel.
Nellie Miere het begin met vier kinders in ‘n tydelike asbesklas, wat gegroei het tot 17 klasse, 345 kleuters, 17 onderwysers, 12 algemene assistente, ‘n binnenshuise speelterrein en ses buitespeelterreine.

Hulle sê dit is met groot dankbaarheid dat hulle ‘n goed funskionerende skool oorhanding, wat ‘n baken van hoop is, ‘n skool wat streef na uitnemendheid en nog baie potensiaal het.
Arrie het veral die ondersteuning wat hy van ander skoolhoofde geniet het, uitgelig, veral tydens die Covid-19-pandemie.
Adé Adendorff, adjunkhoof vir akademie, sal waarneem as hoof by Laerskool Nelspruit tot ‘n permanente aanstelling gemaak word.
“Geen skool kan gedy sonder ‘n sterk beheerliggaam nie, en daar is ons baie gelukkig. Ek kan julle die versekering gee dat hierdie skool van krag tot krag sal gaan omdat ouers en personeel kan saamwerk in ‘n venootskap,” sluit Arrie af.


×