100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Afriforum rig noodwaterpunt in Mbombela op

Written by on November 13, 2023

Die Nelspruit-tak van AfriForum het ‘n noodwaterpunt by die Nederduitse Hervormde Kerk in Belladonnastraat opgerig.
Watertekorte veroorsaak van tyd tot tyd dat krane leegloop – ‘n probleem wat volgens die Mbombela-munisipaliteit grootliks weens onwettige wateraansluitings veroorsaak word.
Arlo Van Heerden, distrikskoördineerder vir die Laeveld, sê die noodwaterpunt is beskikbaar vir enige individue of gesinne wat dringend water benodig.
“Toegang tot water is ‘n basiese mensereg wat nie van enige inwoner van ons gemeenskap ontneem mag word nie, en daarom was hierdie noodwaterpunt so ‘n noodsaaklike projek vir die Nelspruit-tak,” verduidelik hy.
noodwaterpunt
“Ons moedig egter die gemeenskap aan om die erns van die huidige waterkrisis ter harte te neem en daarom verantwoordelik met hierdie waardevolle hulpbron te werk te gaan.”
Hy het die kerk geloof vir hul betrokkenheid by die projek.
“Dit is ‘n bewys van wat bereik kan word wanneer ons as gemeenskap saamstaan en saamwerk.”
In nóg ‘n gemeenskapsgefokusde projek het die tak op 26 Oktober ‘n tegnologies gevorderde nommerplaatherkenningskamera (bekend as ‘n LPR-kamera) op Dr. Enos Mabuza-rylaan opgerig.
Dit neem en digitiseer voertuie se nommerplate en vergelyk dit met ’n databasis van verdagte voertuie.
“Dit bied uitsonderlike inligting wat die polisie sal help om voertuie wat by misdaad betrek is, te identifiseer en op te spoor,” sluit Van Heerden af.

Sien ook: Kragkrisis: AfriForum kondig Afrienergie-projek aan


×