100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Bontle Mashiyane-moord: Verhoor begin die week

Written by on August 18, 2025

Die verhoor van drie mans wat daarvan beskuldig word dat hulle Bontle Mashiyane vermoor het, is tot Donderdag uitgestel.

Sy was ses jaar oud toe sy in 2022 in Masoyi vermoor en vermink is.

Thapelo Ngomane, Ntombikayise Ngwenya en Collen Hlongwane het vandag in die Mpumalanga Hooggeregshof in Mbombela verskyn op aanklagte van moord, sameswering om misdaad te pleeg, regsverydeling en ontvoering.

Die Nasionale Vervolgingsgesag sê die staat is gereed om met die verhoor voort te gaan en het getuies gereed.

Die saak is geskeduleer om tot 12 September te duur.