Drie wat glo polisiebeampte vermoor is in Eswatini opgespoor
Written by Mireille on August 14, 2025
Die nasionale polisiekommissaris, gen. Fannie Masemola, het die Eswatini-polisie bedank vir hul hulp met die opsporing van drie polisiemoordenaars in die buurland.
Sers. Lawrence Mtshweni is doodgeskiet terwyl hy Vrydag op ‘n gewapende rooftog in Schoemansdal gereageer het.
Die eerste verdagte is Saterdag in Suid-Afrika deur die Mpumalanga-polisie in hegtenis geneem.
Twee verdagtes is sedertien in die Sishweleni-streek van Eswatini opgespoor.
Hulle het glo losgebrand op die polisie wat teruggeskiet het. Beide verdagtes is noodlottig gewond.
By Mantambe het die derde verdagte na bewering sy eie lewe met ‘n pistool geneem voordat polisiebeamptes hom in hegtenis kon neem.
Mtshweni word Saterdag in Schoemansdal begrawe. Masemola sal dit na verwagting bywoon.
‘n Polisiewoordvoerder, brig. Athlenda Mathe, sê ‘n beloning van R150 000 word steeds aangebied vir inligting oor die voortvlugtende Jabulani Moyo, wat verdink word van die moord op twee polisielede in Roodepoort vroeër die maand.
Luister:
Die polisie hou ook op 7 September ‘n herdenkingsdag om 27 polisiebeamptes wat aan diens dood is te eer.
Sien meer: Beloning uitgeloof vir inligting oor polisiemoordenaar
Foto: ‘n Afvaardiging het Sondag die toneel waar Mtshweni geskiet is, besoek