Borgtog vir nog 83 wat glo onwettig myn by Sheba
Written by Mireille on August 12, 2025
Meer as 400 beskuldigdes het gister weer in die Barberton-landdroshof verskyn na hul onlangse arrestasie as deel van Operasie Vala Umgodi by Sheba-myn.
Die aanklagte teen hulle hou verband met onwettige mynbou. Sommige word ook van oortreding van die Wet op Immigrasie aangekla.
Volgens die Nasionale Vervolgingsgesag is daar aan 83 borgtog toegestaan van R2 000 elk. Dit na hul adresse nagegaan en bevestig is.
Die saak is uitgestel tot 18 en 19 Augustus vir die borgaansoeke van die beskuldigdes wat onwettig in die land is of ander hangende sake teen hulle het.
Sien ook: Twee mynwerkers kry borgtog in Barberton