100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Barberton betoog teen besluit oor afstigting van Mbombela

Written by on August 12, 2025

Vragmotors en taxi’s het vanoggend die R40 in Mbombela en die pad wat na die Universiteit van Mpumalanga lei, versper.

Verkeer vanaf Witrivier na Mbombela is geraak.

Volgens die Laeveld JOC was die polisie saam met verskeie sekuriteitsmaatskappye op die toneel.

Dit is intussen op die R40 opgeklaar, hoewel die pad na die universiteit teen druktyd steeds versper is.

100.5FM verneem die kwessie is die vervoer van studente.

Sommige paaie in Barberton is ook sedert gister deur lede van die publiek gesluit. Vanoggend is sporadiese voorvalle aangemeld.

Betogings lê dienste in Barberton lam na inwoners begin protesteer het oor die feit dat daar besluit is om die dorp deel van Mbombela-munisipaliteit te hou.

Verlede jaar het die munisipale afbekeningsraad aangedui hulle oorweeg dit om Barberton weer sy eie munisipaliteit, Umjindi, te gee, soos voor hulle in 2016 saam met Mbombela moes smelt.

Dit is egter onlangs aangekondig dat dit nie sal gebeur nie.

Die DA-raadslid, Philip Minnaar, sê sommige inwoners blameer die amalgamasie vir hul dienslewerings-probleme en demonstreer nou hul ontevredenheid deur munisipale werkers daarvan te weerhou om te werk.

Luister hier:

Hy doen ‘n beroep op die burgemeerster, Sibongile Makushe-Mazibuko, om in te gryp en ‘n oplossing te soek.

Intussen het die nuwe hoofpyplyn wat agter die museum geïnstalleer is, ineengestort.

Volgens die waterdepartement sal hulle die verantwoordelike kontrakteur kontak om dit te herstel.

Intussen word inwoners versoek om water spaarsamig te gebruik aangesien die hoofwatertoevoer vanaf die Rimers-suiweringsaanleg afgeskakel is.

Die hele Umjindi-gebied sal geraak word as gevolg van geen toevoer na die reservoirs nie.

Daar is tans geen skatting van wanneer toevoer herstel sal wees nie.