100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

6:8 Centrum bring hoop op innoverende en volhoubare manier

Written by on April 26, 2021

Nuwe intrekkers sluit gereeld by die naaste gemeente wat hulle aantrek aan om nuwe vriende te ontmoet en deel van ‘n gemeenskap in die omgewing waar hulle woon, te word. Kort voor lank word jy betrek by gemeente aktiwiteite en hoe diep dit ookal in jou hart lê, kry jy jouself voor ‘n pannekoektafel besig om mense te bedien by ‘n basaar. Dis nou as alles goed gaan.

Die anderkant van die munt is waar jy noodgedwonge ‘n nuwe intrekker word, as gevolg van omstandighede wat jou jaag. Behalwe dat jy nie gekies het om hier te wees nie, het jou skuld jou ingehaal, deur die duiwel onder die prop het jy jou familie verloor en in die weghardloop  het jy dae laas meer as ‘n sny droeë brood oor jou lippe gehad.

Die laaste stukkie trots in jou hart word deur die koue vroegoggend hongerpyne dwars in jou keel getrek.

In Witrivier se strate kan dit koud raak in die nag, en waar is ‘n mens nou eintlik veilig, enige plek in Suid Afrika?

Die Kos & Klerekas loop al vir etlike jare by die NG Kerk in Witrivier onder die dienende leierskap van Santie. Sy het al verskeie mense sien kom en gaan. Stukkendes wat suksesvol anderkant uitgekom het.

Die nuwe 6:8 Centrum neem die Kos & Klerekas na nuwe hoogtes in gemeenskapoplewing deur nie net na die fisiese behoeftes van kliënte (soos hulle hier genoem word) te voorsien nie, maar ook op die emosionele-, psigiese- en godsdienstige-vlakke met mense se hart praat. Die geen-transaksionele atmosfeer laat jou van jou trots vergeet, maak jou dankbaar vir die ondersteuning en maak jou weer waardig voel. Jy kry weer krag om die samelewing te vergewe en in die oë te kyk.

Ons het met Jakobus, Santie en Lorraine gesels en die vreugde in Witrivier gedeel met die opening van die 6:8 Centrum onlangs.

Luister gerus hier saam na die voledige gesprek:


×