100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Nellies gasheer vir Helpmekaar in Noordvaal-beker

Written by on May 31, 2023

Hoërskool Nelspruit (NHS) se rugbyspanne het Saterdag tuis kliphard teen Helpmekaar Kollege gespeel as deel van die Noordvaal-beker.

SuperSport het ook die dag by die skool deurgebring om die wedstryde uit te saai.

Dit was veral die derdespan (24-12), o/16B-span (14-7) en o/14 A-span (21-0) wat die Helpies opdraende gegee het.

Die eerstespan (12-39) en tweedespan (17-35) het ten spyte van hul nederlae die ondersteuners op die punte van hul stoele gehou.

Die Nellies het deurentyd goed verdedig en die besoekers hard laat werk om agter die doellyn te kom.

Die 16A’s het met slegs vier punte verloor (20-24) in ‘n naelbyt-wedstryd.

Ander uitslae
15A verloor 3-29
15B verloor 0-22
15C verloor 7-42
14B verloor 0-52
14C verloor 7-74

Die Rhinos is na die 4de ronde in die vierde plek op die promosie-relegasie van die Beker-afdeling.

Sien ook: NHS in twee Noordvaal-plaatfinale in 2022

NHS speel Saterdag teen Hoërskool Noordheuwel tuis.


×