100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

18 vas vir onwettige mynbou in Sabie

Written by on November 28, 2023

‘n Spesiale operasie om toe te slaan op onwettige mynbou het Donderdag gelei tot die arrestasie van 18 verdagtes in Sabie.

Dit was in samewerking tussen polisie, die provinsiale departement van gemeenskapsveiligheid, gemeenskapspolisiëringsforums, Thaba Chweu en private sekuriteitsmaatskappye.

Die aanklagte teen die verdagtes wissel van obstruksie van polisiebeamptes, die besit van dagga tot die oortreding van die Wet op Immigrasie.

Daar is op verskeie items verwant aan onwettige mynbou beslag gelê.

Sien ook: Meld Witrugaasvoëls wat sukkel in hittegolf aan


×