100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Kersloffees vanjaar 20 jaar oud

Written by on November 28, 2023

Die jaarlikse Kersloffees vind op 10 Desember by die Hervormde Kerk in Belladonnastraat in Mbombela plaas.
Leon Ferreira en David Fourie sal die Kersvermaak verskaf.
Die organiseerder, Koos Schoonraad, nooi ook enigiemand om vanjaar ‘n kers aan te kom steek vir iemand wat siek is of wat hulle aan die dood afgestaan het.
Die Kersloffees word weer voorafgegaan deur ‘n spesiale oggendkonsert vir bejaardes.
Hy gesels met Sonop Ontbyt oor een van die oudste gebeurtenisse in die dorp.
Luister weer hier:

Sien ook: 15 Wêreldkampioene vir Mpumalanga


×