100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Polisie ondersoek grafskending in Masoyi

Written by on December 15, 2022

Die polisie in Masoyi ondersoek ‘n voorval waartydens verdagtes betrap is waar hulle ‘n graf opgrawe in Masoyi buite Witrivier.
Volgens die polisie het mense wat vroeg gisteroggend ter voorbereiding van ‘n begrafnis die Jerusalem-begraafplaas besoek het, op die twee afgekom.
Hulle het gevlug en ‘n panga, graaf en ‘n sak met items wat die polisie sê soos muti lyk agtergelaat.
Die graf is dié van ‘n 19-jarige man wat op 23 November ter aarde bestel is.
Die grafskenders kon nie daarin slaag om sy oorskot na die oppervlak te bring nie.
Polisiewoordvoerder, brig. Selvy Mohlala, sê die moontlikheid dat dit verband hou met ‘n sekte word ondersoek.
Geen arrestasies is nog gemaak nie.
Enigiemand met inligting is gevra om dit met die polisie te deel.


×