100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

12-jarige steek maat dood tydens speletjie

Written by on July 13, 2023

Die polisie ondersoek ‘n saak van moord na ‘n 12-jarige Dinsdagoggend na bewering ‘n maat, van ook 12 jaar oud, doodgesteek het in Matsulu.
Volgens die Mpumalanga polisiewoordvoerder, brig. Selvy Mohlala, het hulle ‘n argument gehad tydens ‘n speletjie, Morabaraba.
Die een het die ander glo geklap, waarop die slagoffer met gebreekte bierbottels gesteek is.
Die slagoffer is deur familie na die kliniek gehaas, maar is daar weens sy wonde dood.
Luister hier:

Sien ook: Vier gesoek wat koerier in Hazyview roof


×