100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Wilde Kaapsehoop merrie van strik verlos

Written by on January 6, 2022

‘n Merrie met ‘n baie jong vulletjie moes Maandag uit ‘n onwettige strik verlos word in Kaapsehoop, nadat dit om haar linker voorbeen verstrengel geraak het.
Dr. Donnie Engelbrecht van Wijkstraat Dierehospitaal help gereeld met die bekende
wilde perde van Kaapsehoop. “Die vrywilligers kontak my gewoonlik,” sê hy.
Sy is gelukkig nie ernstig beseer nie. Hy kon haar pyl om die strik te verwyder en die wond behandel.

“Strikke is ‘n probleem, dit sny baie vining in. Die stukke stompe wat daaraan vasgesit het, het dit ook baie moeilik gemaak vir haar om te beweeg.
“Jy kry dikwels net een kans om so ‘n perd aan die slaap te maak en in te spuit, en die meeste kom reg na een behandeling.”
Die strikke is nie op die perde gemik nie, maar eerder op klein wildsbokkies soos duikers en kleiner diere. Dit is verder geensins die grootste bedreiging van die perde nie.
“Ek dink strikke is een van die kleiner probleme vir die perde,” sê Engelbrecht. “Een van die grootste is motorongelukke. Mense ry vining, dit is dikwels mistig, en snags is die perde ook soms in die pad. Veral met vragmotors is dit meestal noodlottig vir die perde.”

“Wanneer een getref word, moet die vrywilligers uitgaan. In ernstige gevalle moet hulle maar uit hul lyding gesit word. Jy doen maar wat die beste is vir die dier, en dit is gewoonlik die beste.”
Perdesiekte is ook ‘n uitdaging. Wilde perde kan nie teen dit ingeënt word nie. Muggies dra dit oor van ‘n perd wat die virus in hul bloed het na ‘n ander.
Sy raad is vir perde-eienaars om mooi na hul mak perde om te sien: Meet hul temperature elke dag, beheer muggies, hou jou perde veral laatmiddag, vroegoggend en snags op stal. Dit is ook baie belangrik om hulle teen die siekte in te ent.

“Wilde perde kry perdesiekte, veral jonger perde. Ouer perde het oor jare meer immuniteit opgebou. Onder jong vulle is daar nie baie wat dit oorleef nie.”
Dit blyk dat die getalle van Kaapsehoop se wilde perd kolonie redelik stabiel bly, ondanks die hoë geboortekoers.
As jy betrokke wil raak of meer wil uitvind, besoek Kaapsehoop Wild Horses op Facebook of kontak 082-456-4946.


×