100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Werkswinkel om jeug te bemagtig

Written by on June 10, 2022

Ter viering van Jeugdag volgende week bied die SACBW ‘n jeugwerkswinkel aan om jongmense te bemagtig in die werksplek. ‘n Lang lys professionele sprekers sal Dinsdag, 14 Junie, uitwei oor alles van hoe om onderhoude te doen en sosiale media veilig vir jou loopbaan te gebruik tot toekomsbeplanning.
Suksesvolle jongelinge sal ook hul ervarings kom deel.
Estelle Roe sê dit is gemik op alle jongmense van 16 jaar en ouer. Skoliere, werkende jongmense, entrepreneurs en werksoekers sal elkeen hierby baat.
Die werkswinkel begin 12:00 by Emnotweni en bywoning is gratis, maar jy moet vooraf registreer. Kontak 066-271-6728.


×