100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Weduwee vermoor van hoofman wat glo renosters stroop

Written by on April 4, 2023

Die weduwee van die vermoorde hoofman van die Mnisi-stam in Bosbokrand is in die vroeë oggendure in haar huis in Calcutta doodgeskiet.
LUISTER DIE BERIG HIER

Volgens die polisie is Charlene Felicity Mathews (30) verskeie kere in die kop getref.
Twee manlike familielede is ook gewond in die skietery wat om ongeveer 01:10 ontvou het.

Mathews se man, Clyde Mnisi (37), is op 26 Maart naby die Kruger Mpumalanga Internasionale (KMI)-lughawe deur vyf swaar gewapende mans vermoor toe hy en sy motorbestuurder ‘n pap band gekry het.
Hy sou later vandeesmaand verhoor word as ‘n vermeende ringkop in ‘n renosterstropingsindikaat.
Lees meer: Hoofman doodgeskiet wat van renosterstroping aangekla word
Volgens polisiewoordvoerder, brig. Selvy Mohlala, ondersoek hulle ook hoe die gewapende aanvallers toegang tot Mathews se woning verkry het.
Die motief vir die skietery is tans onbekend.
Niemand is nog aangekeer nie.
Enigiemand met inligting is gevra om die polisie te kontak.


×