100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Waterkrisis weens beurtkrag duur voort

Written by on September 20, 2022

Silulumanzi het inwoners van Mbombela gevra om geduldig te bly terwyl hulle hul bes doen om watertenkwaens te verskaf aan die areas wat die ergste geraak word deur watertekorte.
Die waterverskaffer sê die verlaging van fase 6 beurtkrag na 5 het geen noemenswaardige impak op hul vermoë om water te onttrek, te suiwer en te versprei nie.
“Ons het steeds ten minste agt ure in 24 uur nie krag nie, en dit word vererger deur lasvermindering in sekere areas,” sê hulle in ‘n verklaring.
Verskeie reservoirs is kritiek laag tot leeg. Witrivier, Nsikazi-Suid en Matsulu word die ergste geraak.
Richmond Jele verduidelik dit neem verder baie lank om watertenkwaens by Karino op te vul, weens kragonderbrekings en die agterstand.

Groot dele van Nelspruit en Matumi-gholflandgoed word ook geraak deur tekorte weens ‘n kabelfout by die Andersonstraat-substasie wat veroorsaak dat water nie aan die reservoirs in Giraffestraat of “die sokkerbal” kan verskaf nie en is die watervlakke tans baie laag.
Volgens Silulumanzi sal beurtkrag tot ten minste 13:00 dit onmoontlik om op te vul.
Alle inwoners is gevra om water spaarsaam te gebruik.


×