100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Vroue, peuter ongedeerd na ontvoering

Written by on July 22, 2022

‘n Vrou, haar kinderoppasser en 18 maande oue dogter is ongedeerd na hulle Dinsdagaand uit hul huis in Schoemansdal in Nkomazi ontvoer is.
Volgens die polisie het drie gewapende mans hulle oorval en geld geëis.
Hulle het met die vroue in die huiseienaar se voertuig gery tot by ‘n beboste area in Hectorspruit, waar hulle haar forseer het om met haar banktoepassing geld oor te plaas na een van die aanvallers se rekeninge.
Hy het die geld gaan onttrek terwyl hulle deur die nag aangehou is, voor hulle in die vroeë oggendure vrygelaat is.
‘n Verbyganger het hulle ‘n geleentheid aangebied. Niemand is nog gearresteer nie.


×