100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Vroue gesoek wat glo studente beroof, groot daggavonds gemaak

Written by on February 22, 2023

Die Nelspruit polisie is op soek na twee vroue wat verlede Woensdag, 8 Februarie, glo twee vrouestudente in Riverside Mall beroof het.
Volgens die polisie het die verdagtes die studente in die winkelsentrum vir aanwysings gevra.
Die een het na bewering vir hulle ‘n vuurwapen wat in haar handsak versteek was, gewys en gedreig om hulle te skiet as hulle alarm maak.
Die studente is van onder meer hul selfone en ‘n polshorlosie beroof. Geen arrestasies is nog gemaak nie.
Die polisie het ‘n pleidooi gerig dat die vrou in die foto, wat hulle glo hulle in hul ondersoek kan bystaan, hulle kontak.

In Delmas het lede van ‘n plaaswag vroeg Maandagoggend ‘n vonds van ongeveer R1,3 miljoen se dagga op ‘n plaas gemaak.
Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, brig. Selvy Mohlala, is die 344 kg dagga in 31 sakke versteek in ‘n voertuig gevind.
Die ontdekking is gemaak toe lede van die plaaswag om ongeveer 03:00 die oggend drie voertuie in ‘n mielieland opgemerk het.
Toe hulle nader kom het twee bakkies weggejaag. Die bestuurder van ‘n Ford-voertuig het te voet gevlug. Die dwelms is in dié voertuig gevind.


×