100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Vragmotorbestuurder naby Lebombo-grens ontvoer

Written by on December 12, 2022

Die polisie in Komatipoort ondersoek die ontvoering verlede week van ‘n vragmotorbestuurder naby die Lebombo-grenspos.
Volgens brig. Selvy Mohlala was die 33-jarige Donderdag in ‘n ry geparkeer om die grens na Mosambiek oor te steek toe hy uitklim om kos te koop.
Vier gewapende mans het hom oorval en in nabygeleë bosse vasgebind en aangerand.
Hulle het glo met sy selfoon geld uit sy bankrekening oorgeplaas en ‘n losprys by sy familie geëis.
Hy kon later ontsnap en hulp kry. Niemand is nog aangekeer nie.

Die polisie glo die man in die foto kan hulle in hul ondersoek help.
Kontak speursersant Zero Ngobeni by 072-686-3142 met enige inligting.


×