100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Vlammies maak geskiedenis by ATKV debat

Written by on August 30, 2021

Hoërskool Bergvlam het onlangs geskiedenis gemaak deur hul eerste span in te skryf vir die ATKV-debatkompetisie.
Die juniorspan het derde geëindig in die kompetisie.
Juf. Anseri Bojé het saam met Nina van Heerden, Milde Cronjé en Sariëtte Kuperus met Gerhardt gesels oor die onderwerp: hoekom geskiedenis ‘n verpligte vak op skool moet wees.
“Die studie van geskiedenis bevorder kritiese denke en die vaardigheid om verder te dink as die informasie wat in jou handboeke is… en jou opinie te vorm deur na ander bronne en navorsing wat oor daardie onderwerp gedoen is, te kyk,” sê Nina.
“My punt was versoening en nasiebou en hoe die studie van geskiedenis dit kan bevorder,” sê Milde. “As ‘n mens nie mense rondom jou en jou kollegas se erfenis ken nie, hoe gaan jy met hulle kan simpatiseer?”
Sariëtte sê tegnologie se geskiedenis moet geïnkorporeer word by die leerplan.
Luister weer hier na die gesprek.


×