100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Vier vas wat glo winkel met speelgoedgeweer beroof

Written by on June 14, 2022

Vier verdagtes wat Sondagoggend na bewering ‘n Ackermans-winkel in Graskop beroof het, is kort daarna deur die polisie vasgetrek.
Volgens die polisie het ‘n groep van vyf die eienaars gyselaar gehou, verskeie winkelitems en sowat R40 000 in kontant gebuit.
‘n Vrou wat die winkel wou besoek het, voor sy ingegaan het, besef dat ‘n rooftog binne onderweg was. ‘n Verbygaande polisiebeampte het haar nood raakgesien. Hy het vir ondersteuning geroep na sy hom vertel het wat aan die gang was.
Vier van die verdagtes is naby die winkel vasgetrek terwyl hulle probeer vlug het. ‘n Vyfde een kon vlug.
Gesteelde items uit die winkel sowel as ‘n speelgoedgeweer is in hul besit gevind. Die grys VW Golf waarin hulle gery het is ook gekonfiskeer.
In Badplaas is die liggaam van ‘n man laat Sondagaand met verskeie skietwonde naby sy huis gevind. Hy is as Freddie Daniel Zwane (39) geïdentifiseer.
Volgens die polisie is sy bakkie daar naby, ook met ‘n menigte koeëlgate in, gevind.
Die omstandighede rondom die moord word ondersoek. Enigiemand met inligting is gevra om die polisie daarmee te kontak.

Die Valke in Middelburg is op soek na Kagiso Ronny Maboa (38), ‘n amptenaar van Binnelandse Sake in Mpumalanga. Volgens kapt. Dineo Sekgotodi het hy na bewering saam met ‘n man van Pakistan gewerk om aan buitelanders Suid-Afrikaanse paspoorte uit te reik.
Hy word verdink van bedrog, korrupsie en oortreding van die Wet op Immigrasie. ‘n Lasbrief vir sy inhegtenisname is uitgereik.

Kontak kapt. Sam Kolobe by 071-481-3126 met enige inligting.


×