100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Vermeende transitorower bly in aanhouding

Written by on May 9, 2023

‘n Vermeende transitorower wat gister in die Kabokweni-landdroshof verskyn het, bly in aanhouding tot Maandag wanneer hy vir borgtog aansoek kan doen.
Zakhele Mnisi (39) is Vrydagmiddag aangekeer tydens ‘n transitoroof tussen Mkhuhlu en Hazyview.

Volgens die Valke het sowat sewe gewapende aanvallers in drie voertuie ‘n G4S gepantserde voertuig beroof deur die voertuig se voorste wiel te skiet om dit tot stilstand te dwing.
Die bestuurder is in die hand geskiet. Die wagte is ook van hul vuurwapens beroof.
Die aanvallers kon met ‘n onbekende bedrag kontant vlug.
‘n Helikopter van Fidelity wat besig was om ‘n ander geldwa te vergesel kon die verdagte help aankeer.
Die woordvoerder van die Valke, kapt. Dineo Sekgotodi:

‘n Gesteelde Toyota Hilux, Haval en VW Tiguan is op die toneel agtergelaat.
Die provinsiale hoof van die Valke in Mpumalanga, gen. maj. Nico Gerber, vra dat enigiemand met inligting na vore kom.
Kontak die ondersoekbeamptes by 082-300-8318 of 071-481-3250.


×