100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Vermeende rowers blaas aftog toe vrou rewolwer by hulle afneem

Written by on May 18, 2023

Drie vermeende rowers het Dinsdagaand gevlug vanaf die toneel waar hulle ‘n vrou in haar huis met ‘n vuurwapen probeer beroof het, nadat sy die wapen by hulle afgeneem het.
Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, kol. Donald Mdhluli, het die voorval in Timbavati Trust in Acornhoek plaasgevind.
Die reeksnommer van die rewolwer wat die verdagtes op die toneel agtergelaat het, was afgevyl.
‘n Saak van poging tot roof word ondersoek.
Enigiemand met inligting is gevra om speurder luit. kol. Aaron Digoro te kontak by 082-318-9925.


×