100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Verdagtes vas weens gesteelde voertuie by Lebombo

Written by on February 14, 2024

Drie Mosambiekse burgers verskyn vandag in die Komatipoort-landdroshof op aanklagte van die besit van gesteelde voertuie.

Hulle is Maandag naby die Lebombo-grenspos gearresteer.

Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, kol. Donald Mdhluli, is die twee Toyota RAV4’s na bewering vroeër die maand in onderskeidelik Edenvale en Garsfontein in Gauteng gesteel.

Hy sê nog klagtes kan teen die beskuldigdes gevoeg word soos die ondersoek vorder.

Sien ook: Sonop gaan Bos saam met Max


×