100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Verdagte vas na groep glo vrag drank roof

Written by on September 7, 2022

‘n Vermeende kaper is Maandag aangekeer na hy glo saam met twee medepligtiges ‘n Isuzu-vragmotor in Hazyview beroof het.
Volgens die polisie het die eienaars ‘n vrag alkohol ter waarde van sowat R127 000 op die R40 vervoer, toe drie aanvallers vuurwapens op hulle gerig en hulle gedwing het om na ‘n bebosde area te ry, waar hulle die vrag op ‘n Mahindra-bakkie gelaai het.
Die bakkie met die buit is egter binne ‘n uur met behulp van ‘n opsporingsmaatskappy nagespoor.
Die twee ander verdagtes kon vlug.
‘n Vrou wat na vermoede ‘n gesteelde voertuig oor die grens sou smokkel, het ook Maandag in die hof verskyn op klagte van die besit van ‘n gesteelde voertuig.
Felecity Boitumelo Tshwarelo Menyayiso (31) is borgtog van R4 000 toegestaan.
Sy is Donderdag vasgetrek in ‘n Lexus ter waarde van ongeveer R1,5 miljoen wat in Augustus in Randburg, Gauteng, gesteel is.
Volgens die polisie het hulle inligting ontvang van die voertuig wat opgemerk is op die N4 onderweg na die Lebombo-grenspos en het hulle vinnig reageer om haar voor te keer.
Sy verskyn weer op 4 Oktober in die Komatipoort-landdroshof.


×