100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Veldwagter vermis in die Krugerwildtuin

Written by on November 19, 2020

‘n Ervare veldwagter is sedert Dinsdagaand vermis in die Krugerwildtuin.
Checkers Mashego is 51 jaar oud.
Volgens die woorvoerder van die Krugerwildtuin, Ike Phaahla, was Mashego vir sewe jaar sedert 1995 by hulle werksaam en weer sedert 2015.
Mashego en ‘n kollega was Dinsdag saam op ‘n roetine-patrollie in die Stolsnek-area toe hulle net voor laaste lig verwittig is om iets langs die Nsilikazi-rivierbedding te ondersoek.
Hulle is uitmekaar en het afgespreek om by ‘n brandstrook te ontmoet.
Mashego het nooit by die ontmoetingsplek opgedaag nie en sy kollega het alarm gemaak.

Spanne soek sedertien na hom. Dit sluit in sy kollegas, asook SANParke se honde-eenheid en lugvleuel en die Skukuza-polisie.
Phaahla is nie bewus dat so iets al ooit tevore in die wildtuin gebeur het nie.
Die wildtuin sê hulle kommunikeer met, en ondersteun, deurgaans Mashego se familie.
Phaahla voeg by dat hy na vermoede steeds sy uniform aan het. Hy het ook sy geweer en radio by hom.
“Sou hy gedisoriënteerd geraak het en êrens ronddwaal, en iemand gewaar hom, moet hulle asseblief ons noodnommer skakel.”
Die nommer is 013-735-0197.


×