100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Veiligheid onder die loep by toerisme lekgotla

Written by on September 9, 2022

‘n Toerisme lekgotla wat verlede week in die Laeveld gehou is, het verskeie veiligheidskwessies uitgelig.
Linda Grimbeek van die Kruger Laeveld-sakekamer (KLCBT) sê hulle werk saam met die regering om die probleme op te los.
Die adjunkminister vir toerisme, Fish Mahlalela, het dit ook bygewoon en die Numbi-pad besoek, waar sukses reeds behaal is in samewerking tussen die private sektor en Mbombela-munisipaliteit.
Lees meer: Voltydse patrollies tree in werking op die Numbi-pad
Voorstelle op die tafel sluit in ’n sentrale telefoonlyn wat toeriste kan gebruik om hulp te ontbied of korrupte aktiwiteite aan te meld.
Strategieë word ook benodig oor hoe om onwettige immigrante, onwettige mynbou, groot vragmotors by die Lebombo-grenspos en op toeristepaaie, sowel as protesoptrede te hanteer.
Luister weer hier.


×