100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Varsproduktemarkte beleef opbloei tydens inperking

Written by on May 19, 2020

Varsproduktemarkte floreer tydens inperking soos meer Suid-Afrikaners die voordele van dié koste-effektiewe toegang tot vars vrugte en groente besef.
Volgens Luan Wentzel, besturende direkteur van RSA Tshwane en RSA Regional Markets by RSA Group, het hul Nelspruit mark tydens April flink sake gedoen.
Teen 21 April het hulle reeds hul maandelikse verkooprekord oorskrei. Wentzel skryf dit daaraan toe dat meer mense besef hoe bekostigbaar varsproduktemarkte is.
Die Nelspruit mark het so onlangs as Mei 2019 sy deure geopen. April se goeie verkope het hom verras.

Hoe werk ‘n varsproduktemark?
Wentzel voeg by dat hierdie markte van kardinale belang is in die nasionale voedselketting en waardevolle alternatiewe bied vir mense wat nie naby aan supermarkte woon nie.
Tans sien hulle groot groei in die informele sektor se aankope. Prys is ‘n groot factor.

Wat van privaatverbruikers?
Hoewel hul klante meestal herverkopers in die informele sektor is, sien hulle sedert inperking baie meer privaatkopers.
“Die terugvoer van ons agente wys duidelik dat daar ‘n merkbare toename is in hoeveel mense vir privaatgebruik daar koop,” sê Wentzel.
Hy voeg by dit is egter nie ‘n supermark nie, en die proses is ‘n klein bietjie anders. Verkope is ook in groter maat.
Hy het die publiek genooi om in te kom en met ‘n agent te gesels.

Wentzel voeg by dat SA Group handelaars tans help om die permitte te bekom wat hulle benodig om produkte aan te koop en te vervoer tydens inperking.
Freshlinq help hulle ook om toegangbeheer en fisiese afstand op hul persele toe te pas.
Deeglike veiligheidsmaatreëls is in plek. Dit sluit in toegangbeheer by hekke en ingange, saniteerders, besekermende klere vir personeel en die gereelde sterilisasie van fasiliteite.


×