100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Twee leeus in Nkomazi toe fopnuus

Written by on January 5, 2024

Die Mpumalanga Toerisme- en Parke-agentskap (MTPA) sê hy het sy ondersoek afgesluit oor die twee leeus wat na bewering Woensdag tin Nkomazi opgemerk is.

Die beweerde waarneming is as fopnuus bevestig.

Die woordvoerder van die MTPA, Simphiwe Shungube, versoek die publiek om nie vals nuus te versprei nie omdat dit onnodige paniek saai in gemeenskappe.

Soektog geloods na twee leeus in Nkomazi, 4 Januarie, 12:45

Die Mpumalanga Toerisme en Parke-agentskap (MTPA) sê hulle is bewus van twee leeus wat gisteraand opgemerk is tussen Mbangwane, Khombaso en Tsambokhulu in die Nkomazi-munisipale area.

Gemeenskappe is aangeraai om op hul hoede te wees en om kontak met die diere te vermy.

Die MTPA sê hulle werk daaraan om die diere veilig te vang en te skuif.

Sien ook: Man weens vuurwapens gearresteer na beweerde huishoudelike geweld in Witrivier


×