100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Curriebeker: Titaniese stryde die naweek verwag

Written by on May 19, 2023

Die Curriebeker beloof witwarm rugby hierdie naweek weens die strawwe kompetisie om plekke in die uitspeelrondes met slegs vier rondes oor.
Sewe uit die agt spanne staan steeds ‘n kans om vir die halfeindrondes te kwalifiseer.
Daar is min te kies tussen die drie spanne bo-aan die punteleer met enkele punte wat die Toyota Cheetahs (38), Airlink Pumas (35) en Cell C Haaie (33) skei.
Die punteleiers, die Cheetahs en Pumas, het beide verlede naweek nederlae gely.

Die verdedigende kampioene speel vandag in Kaapstad, waar ‘n oorwinning vir die DHL WP hul posisie in vierde plek sal verstewig.
Die tuisspan sal hulle ook op die Pumas wil wreek vir hul 25-24 nederlaag op 21 April by Mbombela-stadion.
Die rooikaart wat die Pumas se Njabulo “Juice” Gumede Vrydag teen die Haaie gekry het, is gister omgekeer en na ‘n geel kaart verminder. Hy begin op stut.
Corné Fourie begin ook op #2, met Llewellyn Classen wat uit is. Verder bly die span onveranderd oor verlede week.
So lyk die span

Die Cheetahs is ook op reis en speel in Durban teen die derde geplaaste Haaie wat met ‘n oorwinning nader sal beweeg daaraan om ‘n tuishalfeindstryd te beklink.
Saterdag vind die Jukskei Derby plaas.
Die Vodacom Bulle moet aanhou wen as hulle wil hoop om deur te dring na die uitkloprondes, terwyl ’n nederlaag vir die Fidelity ADT Leeus hulle tot op sewende posisie kan laat tuimel.
Die Windhoek Draught Griekwas sal verder moet uithaal en wys om punte op die leer te verdien teen die NovaVit Griffons wat met rasse skrede verbeter soos die seisoen vorder en bonuspunte verdien het in hul onlangse nederlae teen die Pumas en WP.
Die afskop vir die Pumas se kragmeting teen die WP by die Athlone-stadion vandag is om 17:00.
Foto’s: Kaptured Concepts


×