100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Thaba Chweu pleit met inwoners oor watertekorte

Written by on September 16, 2022

Inwoners van Lydenburg en Mashishing is gevra om by die waterbeperkings in die munisipaliteit te hou, gegewe ernstige watertekorte wat tans in Thaba Chweu ondervind word.
Die munisipale woordvoerder, Themba Sibiya, sê die hoë verbruik belemmer die herstel van die stelsel, wat deur ‘n onderbreking, instandhoudingswerk en beurtkrag gekniehalter word.
Hy het ‘n ernstige beroep gedoen op die publiek om water te bespaar en sê hulle loop die risiko om andersins beboet te word.
“Met die somer om die draai is dit van kritieke belang dat daar by waterbeperkings gehou word,” sê hy.
Maatreëls sluit in beperkings op die gebruik van tuinslange om tuine nat te lei, swembaddens op te vul, karre te was en sypaadjies of opritte af te spuit.
Karwasserye mag nie skoon drinkwater gebruik nie, en mense is aangeraai om te verseker krane lek nie.


×