100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Taverne-eienaar skiet na bewering rower dood

Written by on July 4, 2022

Die eienaar van ‘n taverne in Kabokweni het na bewering Saterdagaand ‘n rower doodgeskiet.
Drie gewapende mans het glo klante met vuurwapens aangehou en van hul persoonlike besittings beroof.
Volgens die polisie het die 39-jarige eienaar een van die mans noodlottig gewond. Die ander twee kon vlug.
Hy is op die toneel dood verklaar en is nog nie geïdentifiseer nie.
Die polisie ondersoek die voorval. ‘n Saak van roof is geopen en ‘n ondersoek gelas na die man se dood. Die vuurwapen is gekonfiskeer.
Die polisie is steeds op soek na die twee voortvlugtiges.
Die polisie ondersoek ook ‘n geval waarin twee tweeling boeties en sussies in die vroeë oggendure dood is toe hul gehug in die Marikana informele nedersetting in Hendrina aan die brand geraak het.
Hulle was onderskeidelik 13 en 8 jaar oud.
Mpumalanga polisiewoordvoerder, brig. Selvy Mohlala, sê hulle is drie dae tevore deur hul ma in hul 17-jarige boetie se sorg gelaat.
Daar word vermoed dat ‘n onwettige elektriese aansluiting die brand kon veroorsaak het.
Beide die ma en oorlewende boetie is na ‘n hospitaal in Middelburg geneem vir behanldeing vir skok.


×