100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Sonop gaan Bos by Skukuza-kwekery

Written by on August 16, 2023

Die SANParke Ereveldwagters het ‘n bestaande speelarea by die Skukuza-kwekery omskep om ook ‘n interaktiewe, leersame area vir kinders te skep.
Die koördineerder van die kwekery, Laetitia Fourie, sê baie besoekers aan die Krugerwildtuin is onbewus van hierdie versteekte juweel.
“Daar was ‘n ongelooflike speelarea by die Skukuza-kwekery – waarvan baie besoekers nie eens weet nie,” sê sy.
Die Ereveldwagters beman die inheemse kwekery en het nou die “BeeWise Trail” met 11 interaktiewe borde bygevoeg waar kinders die natuur kan kom ervaar.
Fourie gesels saam met Linda Pieters oor hul planne vir Boomplantdag op 2 September in die wildtuin.
Luister hier:

Sien ook: Sonop gaan Bos met strikke


×