100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Bongani Bongo-verhoor: Sommige klagte onttrek

Written by on June 20, 2023

Die R74 miljoen bedrog- en korrupsiesaak teen die voormalige minister van Staatsveiligheid, Bongani Bongo, sowel as sy medebeskuldigdes, gaan vandag in die Gespesialiseerde Handelsmisdaadhof in Mbombela voort.
Volgens die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het die beskuldigdes na bewering saamgespan om die waarde van twee plase wat in 2011 namens twee plaaslike munisipaliteite in Mpumalanga aangekoop is om huise op te bou, kunsmatig te verhoog en die geld in hul eie sakke te steek.
Bongo, ‘n gekwalifiseerde prokureur, was destyds die provinsiale departement van menslike nedersettings se regsadviseur.
‘n Getuie kon ook nie opgespoor word nie, met die gevolg dat al die aanklagte teen sy broer, Sipho Bongo, teruggetrek is.
Volgens Sowetan is klagte van korrupsie, diefstal en geldwassery ook teen die oud-minister laat vaar en word hy nou daarvan aangekla dat hy versuim het om kriminele aktiwiteite te bekamp.
Ander beskuldigdes sluit in Bongo se eksvrou, Sandile Nkosi; Robert Burwise; Patrick Chirwa; Harrington Dhlamini; David Dube (die voormalige departementshoof van menslike nedersettings in Mpumalanga);  Vusi Willem Magagula; Bongani Louis Henry Sibiya; Elmon Lawrence Mdaka en Sibongile Mercy Mdaka asook vier maatskappye.
Die verhoor het begin nadat dit verskeie kere vertraag is.
Sien ouer berig: Elf borgtog toegestaan oor R124 miljoen
Die eerste getuie in die saak sal na verwagting vandag getuienis lewer.
Bongo en sy medebeskuldigdes het skuld ontken op die aanklagte teen hulle.


×