100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Skok na afsterwe van drie leerlinge in ongelukke in Bosbokrand

Written by on May 17, 2023

Die departement van onderwys in Mpumalanga betreur die afsterwe van drie leerlinge in afsonderlike ongelukke in Bosbokrand gisteroggend.
Volgens die woordvoerder, Gerald Sambo, is ‘n gr. 11 seun dood toe hy deur ‘n bakkie getref is terwyl hy die R40 oorgesteek het.
In Saselani het die bestuurder van ‘n taxi wat ‘n ander voertuig probeer verbysteek het beheer verloor en in vier seuns ingeploeg.
Twee broers is dood en twee leerlinge is beseer.

In ‘n derde ongeluk is ‘n meisie in ‘n tref-en-trap-ongeluk beseer.
Sy word tans in die hospitaal behandel.
Sambo sê die departement sal berading beskikbaar stel aan almal wat deur dié tragedies geraak word.


×