100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Ses mense dood in Mpumalanga weens oorstromings

Written by on February 3, 2021

‘n Totaal van ses mense is bevestig as dood in Mpumalanga sedert tropiese storm Eloise verlede Sondag swaar reën gebring het.
Volgens George Mthethwa, die woordvoerder van die pronvisiale departement van samewerkende regering, soek duikers ook na verskeie mense wat weens die vloede vermis word.
Drie mense is verlede week dood. Die eerste bevestigde geval was dié van ‘n vyfjarige seuntjie wie se liggaam ontdek is na hy oor die naweek deur ‘n waterstroom in Masoyi meegesleur is.
Hy het glo saam met ander mense probeer om die water oor te steek, maar is meegesleur.
‘n Baba het in ‘n rivier geval in Elukwatini, in Chief Albert Luthuli-munisipaliteit, terwyl haar ma besig was om ‘n stroom oor te steek.
‘n 40-jarige man het in ‘n rivier in Pilgrim’s Rest verdrink.
Buiten die vermiste man in KaNyamazane, het twee mense ook in die Hazyview-area verdrink.

“Mense en motoriste en busse en taxi’s moet nie oorstroomde water oorsteek nie. En mense moet ophou om huise onder die vloedlyn te bou,” sê hy.
In die Laeveld word Blok B in Nkomazi en ‘n deel van KaNyamazane tans deur oorstromings geraak.
Motoriste is gewaarsku om drie beskadigde brûe in Mkhondo (Piet Retief) te vermy. Tussen die dorp en Edumbe is ‘n brug naby Moolman-dam oorstroom, en die publiek is gevra om die pad heeltemal te vermy.
Die departement van gemeenskapsveiligheid het bestuurders gewaarsku om baie versigtig te wees op die pad.
Verskeie paaie in Nkomazi, Mbombela, Thaba Chweu en Msukaligwa is erg beskadig weens die reën. Boonop het dit ook sinkgate en klipstortings op plekke teweeg gebring.
Nog reën is vir die res van die week voorspel.


×