100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Sê net ‘yebo’ om ‘n nuwe taal te leer

Written by on January 24, 2022

“Daar is absoluut geen rede hoekom mense nie ‘n derde of vierde taal kan leer nie. Jy is jou grootste vyand want jou brein sê vir jou, ‘Wat dink jy doen jy?’”
Marie-Louise Botha van die Bothabile African Language Institute weet waarvan sy praat wanneer sy sê dit is een van die moeilikste dinge om ‘n nuwe taal te leer, maar elke mens het die vermoë om dit reg te kry.
Sy praat self agt tale, onder meer Sotho, Zulu, Sepedi, Tswana en siSwati.
“Dit is die grootste geskenk wat jy jouself kan gee,” voeg sy by.
Botha het as baba in die Vrystaat Sotho gepraat voor sy Afrikaans geleer het en oral waar die gesin heen verhuis het, het sy die plaaslike taal geleer.
“Wanneer jy ‘n taal voor 16 jarige ouderdom leer, behou jy dit. Na dit moet jy dit leef om dit lewendig te hou. Die beste is om ‘n taal te leer wat gepraat word in jou omgewing.”
Sy glo om Afrikaans en Engels te kan praat is nie voldoende nie. Sy haal Nelson Mandela aan wat gesê het: “If you talk to a man in a language he understands, that goes to his head. If you talk to him in his language, that goes to his heart.”
Botha se ervaring het haar gewys hoe goed mense reageer as jy in hul eie taal ‘n konneksie kan maak. “Daarna maak dit nie saak in watter taal die gesprek voortgaan nie.”
Dit leer jou ook om iemand anders se kultuur te verstaan. “Ek is baie opgewonde oor die kultuur. Dit is onlosmaaklik deel van die taal. Ek sien daagliks hoeveel misverstande plaasvind omdat mense mekaar nie verstaan nie.”
Luister weer hier:

Botha verduidelik hoe dit dinge in veral die werkplek vergemaklik, maar waarsku: “Jy moet realisties wees. Dit het jou hoe lank geneem om Afrikaans te leer, en jy leer steeds.”
Die belangrikste is egter om die taal te gebruik. Vir meer besonderhede, kontak Bothabile African Language Institute by [email protected].


×