100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Sassa bied koshulp: Só doen jy aansoek

Written by on April 17, 2020

Sassa fonds vir verligting van maatskaplike nood van stapel gestuur:

Die tydperk van inperking gaan vir ten minste nog twee weke duur en Sassa se kantore landwyd is gesluit.
Dianne Dunkerley, die uitvoerende bestuurder van toelaag-administrasie by Sassa, sê hulle fokus tans op die uitdeel van kospakkies en prioritiseer mense in vier kategorieë:
1. Die sowat 24 000 mense landwyd wat tydelike toelaes ontvang en dit nie in April kon hernu nie; 2. mense wat nie hul toelae kon ontvang nie; 3. diegene – soos pensioenarisse en nuwe ma’s – wat nog nie vir toelaes kon aansoek doen nie; en 4. asook mense wat nie tans ‘n inkomste of staatstoelaes ontvang nie.
Dunkerley sê dat hulle eers seker maak dat die mense in laasgenoemde kategorie nie reeds elders, soos by maatskaplike ontwikkeling of ‘n kerk, hulp onvang nie.

Aansoeke kan tolvry aan 080-060-1011 gerig word, of stuur ‘n e-pos na [email protected].
In Mpumalanga kan die kantoor ook direk by 013-754-9428 bereik word.
Dunkerley verduidelik hier die aansoekproses:


×