100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

SANParke bevestig die vermeende seksuele aanranding van ‘n minderjarige in Skukuza

Written by on September 12, 2022

SANParke het bevestig dat die bewerings van seksuele aanranding van ‘n minderjarige meisie in die Skukuza-woonkwartiere deur die polisie ondersoek word.
Die voorval is op 27 Augustus by die polisie deur die meisie se ma aangemeld.
Die besturende uitvoerende beampte van die Krugerwildtuin, Gareth Coleman, het die voorval ten sterkste veroordeel en sê hulle is hoogs besorg oor hoe so iets in die park plaas kon vind.
Beide die ma en dogtertjie kry berading.
Voorstelle wat die SANParke-vroueform gemaak het vir onmiddellike aksie wat geneem kan word en wat vervat is in ‘n memorandum wat hulle Donderdag tydens ‘n protes teen geslagsgebaseerde misdaad oorhandig het, is met die raad van SANParke en die minister van bosbou, visserye en omgewingsake gedeel, aldus Coleman.
Hy vra dat die slagoffer se privaatheid respekteer word, terywl hulle ook die omstandighede van die misdaad ondersoek.


×