100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Sabie wend hulle tot litigasie oor riool- en waterprobleme

Written by on May 27, 2021

Die Sabie-belastingbetalersvereeniging sal voortaan litigasie gebruik om Thaba Chweu-munisipaliteit te dwing om beter dienste te lewer.
Gwilym Rees sê riool en water is hul grootste fokus, met die uitgangspunt dat dit mense se grondwetlike reg is.
Hy voeg by dat hulle tydens ‘n vergadering hieroor die afgelope week besluit het om nie meer die munisipaliteit onder administrasie te probeer plaas nie, maar eerder die wetlike roete te volg.
Die dorp se rioolwerke funksioneer reeds meer as ‘n jaar nie ten volle nie, en daar is nie genoegsame pompe om watervoorsiening te verseker nie.
In Uitbreiding 10 staan ‘n reservoir in onbruik, omdat daar in vier jaar nog nie pompe geïnstalleer is nie.

“Tot onlangs is onbehandelde riool nog in die Sabie-rivier ingestort,” sê hy.
Die Groen Skerpioene en Inkomati-Usuthu Catchment Management Agency (IUCMA) het intussen betrokke geraak, en het in die week groot riool-lekplekke wat voortduur ondersoek.
Hy voeg by dat die watersituasie al verbeter het, maar steeds nie na wense is nie.
“Ons het by tye vir weke nie water gehad nie, wat onaanvaarbaar is, omdat die pompe nie gewerk het nie. Die afgelope paar maande het hulle nuwe pompe ingesit, maar dit is nie genoeg nie – meer is nodig.”


×