100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Rowers vlug met leë hande na hulle kontant aan flarde skiet

Written by on March 2, 2023

Gewapende rowers is gisteroggend met leë hande weg by Gateway Motors-vulstasie by Halls in Mbombela, nadat hulle die kluis opgeblaas het.
Die impak van die ontploffing was so groot dat dit die kontant aan flarde geskeur het – en die winkel amper verwoes het.

Die impak van die ontploffing het die kontant aan flarde geruk.

Die eienaar, Fanie de Haas, sê die groep gewapende aanvallers het gisteroggend kort voor 02:00 toegeslaan. Een was ‘n vrou.
Hulle het die werknemers buite op die grond laat lê en die kontantvoerder na die kluis met ‘n hammer oopgeslaan.
Hulle is buite om die hoek met die ontsteker, maar die plofstof het nie ontplof nie. Die proses moes herhaal word met ‘n ander stuk plofstof.

Die span werk sedert gisteroggend onverpoosd om op te ruim.

Die impak was te groot. Op die kringtelevisie-beeldmateriaal kon De Haas sien hoe hulle met ‘n flits soek na enige geldnote wat nie die grootte van konfetti was nie, maar sonder geluk het hulle die aftog geblaas en op die vlug geslaan.

Die blou lug is nou sigbaar deur die dak bo die kluis.

De Haas sê hulle het gestres en ongeorganiseerd voorgekom.
Die yskaste, deure, kasregisters, dak, plafon en voorraad in die winkel is beskadig.

Die boute wat die kluis in die vloer geanker het, is al wat van dit oor is.

Vier doppies van ‘n 9 mm-pistool is buite opgetel.
“Net om vir Meneer Alleman te sê, ‘Hou julle weg hier’ het hulle randomly geskiet,” sê hy.
Gelukkig is geen skade aan die petrolpompe aangerig nie, maar die datakabels wat dit met die kasregisters verbind moet vervang word voor hulle weer brandstof kan verkoop.
De Haas hoop om sy winkel Maandag weer oop te kan stel.


×