100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Robbies blink uit by provinsiale atletiekkampioenskap

Written by on March 29, 2021

Hoërskool Rob Ferreira se atlete het die naweek by die Mpumalanga atletiekkampioenskap in Secunda koning gekraai.
Altesaam 67 atlete het deelgeneem – die meeste van enige skool in die provinsie.
Robbies se 30 medaljes was ook die meeste van enige skool, so ook die 10 provinsiale kampioene wat die skool opgelewer het.
Die atlete kon saam 62 top 10 plekke behaal.
Rob se hoofseun, Junior Mondlane, het uitsonderlik goed presteer in verspring. Die kwalifiserende standaarde in sy item is 6,90m vir die Suid-Afrikaanse kampioenskap, 7,30m vir seniors in Suid-Afrika en 7,42m vir die junior wêreld-byeenkoms.
Junior se nuwe persoonlike beste afstand wat hy Saterdag behaal het, is ‘n allemintige 7,53m. Met dit is hy tans nommer een in die land, en nommer drie op die wêreldranglys.

Die volgende atlete is gekies vir die Mpumalanga span om aan die SA’s deel te neem.
Junior sal aan verspring en 110m hekkies deelneem; Thapelo Nkuna aan verspring en driesprong; Zanele Sehohle aan die 400m; Connor Barnes aan spiesgooi; Lwazi Mogodiri aan die 400m en Sydney Mandelkorn, Erin Merensky en Caitlin Dehrman aan hoogspring.
Stefan van der Merwe, Rob Ferreira se atletiekorganiseerder, is ook as provinsiale afrigter gekies en sal die span na die nasionale kampioenskappe vergesel. Dit vind van 7 tot 10 April in die Paarl plaas.
Die skool het verder elke afrigter gelukgewens. “Onder moeilike omstandighede en ‘n atletiekseisoen het julle ons atlete tot hier gebring en ek dink die bogenoemde prestasies sal in die toekoms as enorm beskou word tydens die Covid-19-tydperk.”


×