100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Roan Ash Saterdag regstreeks op jou radio

Written by on May 28, 2021

Die derde aflewering van die In jou huis-konsertreeks is hier. Die gelukkige Laeveldse gehoor sal môre deur Roan Ash vermaak word.
Die reeks van ses konserte word aangebied in samewerking met Innibos, kykNet en Radio Laeveld. Bywoning is ongelukkig slegs op uitnodiging, maar almal kan Saterdag om 19:00 inskakel op 100.5FM, waar die vertoning regstreeks uitgesaai word.
Roan beloof dat hy die gehoor op ‘n paar nuwe liedjies gaan trakteer.

“Dit gaan net ek en my akoestiese kitaar wees. Ek gaan indelf in van die stories se hart vanwaar dit kom, en een of twee nuwe liedjies deel en ‘n paar van my gunsteling-liedjies. Ek dink dit gaan ‘n fantastiese aand wees.”
Hierdie kitaarspeler en liedjieskrywer se musiek bevat die storievertel-elemente van Country, maar die produksie is meer kommersieël.
Hy mik altyd daarvoor om mense met sy musiek aan te raak.
“Ek dink liedjieskrywers het die potensiaal of tegniek en gawe om emosie in iemand anders wakker te kan maak. Die enigste verskil tussen ‘n liedjieskrywer en ‘gewone mens’ is detail – ons fokus op die klein dingetjies om iets raak te sien wat iemand anders sou mis.”
Roan is Afrikaans, maar hoewel hy ‘n groot passie en liefde vir Afrikaans het, en al Afrikaanse liedjies geskryf het saam met, onder meer, Jo Black, is sy musiek oorwegend Engels.
“Ek dink wat jy na luister vorm jou skryfstyl en ek dink dit kan dit natuurlik maak om jouself in Engels uit te druk.”
Oor vertonings sê hy dat die meeste werk agter die skerms gebeur – soos die skryf van liedjies.
“Ek dink die uur of so wat jy op die verhoog is, is meer jou belonging as wat dit harde werk is,” sluit hy af.


×