100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Reef 10’s vanjaar dubbeld so groot

Written by on October 25, 2023

Dit is die naweek weer tyd vir Reef 10’s by Hoërskool Rob Ferreira en vanjaar is die deelnemers amper dubbeld soveel as in 2022.

Charles Gates van die skool en Pieter Rademeyer van Witrivier-rugbyklub gesels met die Verkas-span oor hierdie fees van rugby, hokkie, netbal, krieket en vanjaar ook hardloop.

Luister weer hier:

Hulle skryf die vergrote toernooi toe aan die familie-atmosfeer (daar is kompeterende en sosiale afdelings) sowel as die toevoeging van hardloop.

Reef 10’s vind Vrydag en Saterdag plaas en daar is fasiliteite om na die tyd die Springbokke in die Wêreldbeker-eindstryd te kyk.

Sien ook: Dr Mathews Phosa beloof drie nuwe boeke in 2024


×