100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Pumas vanmiddag tuis in SA Beker-aksie

Written by on March 29, 2024

Die Airlink Pumas speel vandag hul eerste tuis wedstryd in die SA Beker-toernooi wanneer hulle die gashere is vir die Oostelike Provinsie.

Die pienktruie het verlede week hul veldtog met ‘n oorwinning van 43-22 oor die SWD Arende in George begin.

Hoofafrigter, Jimmy Stonehouse, sê die toernooi is vir hulle voorbereiding vir die Curriebeker later vanjaar.

Luister hier:

Die wedstryd vanmiddag by Mbombela-stadion skop om 17:00 af.

Sien ook: Luiperd-aanval: Man baklei kaalvuis terug


×